Heldedag word op Mariental herdenk

Die Namibiese inligtingsministerie het aangekondig dat Heldedag op 26 Augustus vanjaar op Mariental in die Hardap-streek gevier sal word. Dit sal die eerste Heldedag-vieringe wees sedert die Covid-pandemie en die vakansiedag is in 2019 laas op Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek herdenk. Heldedag word herdenk ter ere van die mense wat vir die vryheid van die land geveg het.