Heldedag in Namibië

Namibië vier vandag Heldedag en die vakansie word jaarliks herdenk om nie die opofferings van al die trotse Namibiërs te vergeet wat vir vryheid en selfbeskikking geveg het nie. Op 26 Augustus 1966 is die eerste skote vir die vryheidsoorloog by Omugulugwombashe in die Omusati-streek in die sentrale Noorde afgevuur. Dit het 24 jaar geneem Namibië om onafhanklikheid te verkry. Die voormalige eerste minister, Nahas Angula, praat met Kosmos 94.1 Nuus.