Heldedag: Embleem en tema vir volgende 5 jaar bekendgestel

Die Namibiese regering het ‘n nuwe embleem en tema vir die volgende vyf jaar se herdenking van Heldedag bekend gemaak. Die dag word op 26 Augustus herdenk. Volgens die ministerie van inligting, is die werk self deur die ministerie voltooi en daar was nie ‘n verkrygingsproses nie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Audrin Mathe, sê Heldedag word vanjaar op Mariental herdenk.