Heineken maak aanbod op O&L se NBL aandeelhouding

Suid-Afrika se grootste alkoholprodusent, Distell, het bevestig Heineken NV het ‘n koop-aanbod gemaak tydens ‘n transaksie wat op ongeveer 40,1 miljard Suid-Afrikaanse rand waardeer is. Die Nederlandse brouer koop ook 25 persent van Heineken Suid-Afrika wat aan Namibië Brouerye behoort. Maar, Heineken SA maak ook ‘n aanbod op O&L se aandeelhouding in Namibië Brouerye. Rome Mostert van Cirrus in die hoofstad sê dit is ‘n geskiedkundige gebeurtenis.