Hef Johnathan Beukes se skorsing op: Nampu

Die Namibiese mediawerkers-vakbond, Nampu, vra vir die skorsing van New Era se besturende redakteur, Johnathan Beukes, om onmiddellik opgehef te word. Vandag is die 40ste dag sedert Beukes op 29 September geskors is nadat hy in ‘n hoofartikel aanstellings op die regsbank bevraagteken het. Esther Mbathera van Nampu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het nog geen korrespondensie hieroor van New Era se bestuur ontvang nie, ten spyte van versoeke daartoe.