Headspring mag laboratorium oprig vir toetse
Die Namibiese omgewingskommissaris het ‘n vrywaringsertifikaat aan Headspring Investments uitgereik om ‘n laboratorium vir die verwerking van grondmonsters in hul soektog na uraan in Leonardville op te rig. Uraan is reeds in 2012 reeds ontdek en UraniumOne, Headpsrings se moedermaatskappy, se eksplorasiewerk het groot teenkanting van verskeie gemeenskappe, veral landbou, uitgelok. In dié stadium kan die Russe voortgaan met die toetsing van bestaande grond- en rotsmonters, te midde van ‘n verbod op die boor van water. Die landbouminister het permitte geweier na wat beskryf is as oortredings van die permitvoorwaardes – ‘n aantyging wat Headspring tans in die hoërhof betwis.