Headspring ‘hou by wette, word vertrou’

Headspring Investments het op langelaas ‘n vrywaringsertifikaat van die Namibiese omgewingskommissaris gekry om ‘n laboratorium te bou vir die verwerking van grondmonsters in hul soektog na uraan in Leonardville. UraniumOne, Headpsrings se moedermaatskappy, se eksplorasiewerk het groot teenkanting van verskeie gemeenskappe, veral landbou, uitgelok. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Riaan van Rooyen, Uranium One-woordvoerder, wat sê die uitreiking van die sertifikaat wys dat hulle by die wette hou en vertrou word.