Hawens ontwrig weens vragmotorbrande

Die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid sê die ontwrigting van bedrywighede by die hawe-terminale weens die vragmotors wat aan die brand gesteek word, en die versperring van sleutel-roetes, kos die plaaslike ekonomie 800 miljoen rand per maand. Die bestuurshoof van die Kamer, Palesa Phili sê die KwaZulu-Natalse ekonomie is uiters afhanklik van die N3 roete wat die Durbanse en Richardbaaise hawens met die SAOG-streek verbind. Philli sê wanneer vrees vir aanvalle daartoe lei dat vragmotos sleg bedags ry, word net die helfte van die normale goedere vervoer. Sy sê maatskappye en produsente wie se produkte vervoer word, moet ook beskerm word