Hawelose mense verlaat gebied naby parlementsgebou

Die polisie in die Wes-Kaap sê bewerings dat hulle hawelose mense in die omgewing van die parlementsgebou gedreig het, is nie akkuraat nie. ‘n Polisiewoordvoerder, André Traut, sê polisiebeamptes het tydens ‘n optrede vier mense ingevolge die Wet op Geestesgesondheidsorg na ‘n fasiliteit vir gesondheidsorg geneem. Traut sê die res van die groep wat in die gebied op straat gewoon het, het op versoek van die polisie die plek vrywillig verlaat. Hy sê niemand is in hegtenis geneem nie.