Hawaiise vulkaan-waarskuwingsvlak verhoog

Die media in Hawaii berig daar is geen onmiddellike gevaar vir bewoners nie al sê die Amerikaanse Geologiese Diens die Kilauea-vulkaan se uitbarstings is aan die toeneem. Die diens het in ‘n twiet gesê die afkoelende lawa-meer het nou ‘n nuwe skeurings-uitbarsting geword. Die waarskuwingsvlak is verander van “versigtig” na “waarskuwing”, en die lugvaart-kleurkode van oranje na rooi terwyl die nuwe uitbarsting en gepaardgaande gevaar evalueer word. Die jongste vlak en kleurkode kan daarop dui dat ‘n gevaarlike uitbarsting vermoed word.