Hasbro, of dalk Monopoly, doen goed

Die Amerikaanse vervaardiger van speletjies, Hasbro Incorporated, wat ook Monopoly vervaardig, het in die tweede kwartaal van die jaar 1,32 miljard Amerikaanse dollar verdien, ver bo die verwagtinge van analiste. Kenners is dit eens dat terwyl die maatskappy se nuwe rolprent en televisie-vervaardigings afdeling deur die inperkings verlede jaar lamgelê is, het speletjies baie goed gevaar en groter verwagtinge vir sy nuwe aanbieding vanjaar geskep.