Hartseerdag vir familie van Kurt von Francois

Die Windhoekse munisipaliteit het vanoggend Kurt von Francois se standbeeld verwyder. Dit volg na die munisipaliteit die verwydering van die standbeeld goedgekeur ná jare van druk en protes deur jeug-aktiviste. Familielede van Von Francois is egter hartseer en ontsteld oor die verwydering en sê die geskiedenis kan nie uitgewis word nie. Voormalige fluitjieblaser en raadslid, Brunhilde Cornelius, sê die verwydering van die standbeeld gaan nie die werkloosheidskoers verminder nie.