Harry sê hy het 6 Jan-opstand sien kom

Prins Harry sê hy het die opstand op 6 Januarie in Washington in die VSA sien kom, veral met kommentaar wat op Twitter geplaas is. Hy het aan media gesê hy het op 5 Januarie die Twitter-baas Jack Dorsey gekontak. Volgens wat berig word het hy Dorsey daarvan beskuldig dat hy toelaat dat ‘n poging om die Amerikaanse regering omver te werp op sy sosiale media platform plaasvind. Volgens Harry het hy nie op 5 Januarie, of die dag daarna of ooit weer van Dorsey gehoor nie. Die rol van sosiale media in die opstand, word op die oomblik in die VSA ondersoek.