Harry gaan hof toe oor polisiebeskerming

Prins Harry het ‘n aansoek om hersiening in die Britse hof gebring teen die weiering van binnelandse sake om hom toestemming te gee om die polisie te betaal vir beskerming wanneer hy in Engeland is. Volgens die prins, het sy private sekuriteitspan nie jurisdiksie buite die VSA nie. Harry het sy reg tot gratis beskerming verloor toe hy sy koninklike pligte in 2020 opgegee het. Hy sê hy en sy familie wil Brittanje besoek maar het beskerming nodig, veral na media in Julie 2021 sy motor bestorm het in Londen. In sy stukke sê Harry die Britse polisie is die beste opsie omdat hulle toegang tot intelligensie verslae het en hy is bereid om vir beskerming te betaal.