Harry dagvaar weer die koerante

Prins Harry dagvaar Associated Newspapers, een van Brittanje se grootste koerantuitgewers, vir laster oor ‘n koerantberig wat beweer hy het gepoog om besonderhede van sy regstryd om sy polisiebeskerming in Brittanje te herstel vir die publiek geheim te hou. Harry en sy vrou Meghan Markle, het in 2020 koninklike pligte verlaat en woon in Los Angeles. Die egpaar het sedertdien op ‘n private sekuriteitspan staatgemaak. Sy regsverteenwoordigers het in Januarie gesê dié reëlings gee die prins nie die vlak van beskerming wat hy nodig het terwyl hy Brittanje besoek het nie en hy het aangebied om vir polisiebeskerming in Brittanje te betaal.