Harris is deur in Barcelona

Lloyd Harris van Suid-Afrika het deurgedring na die ronde van 32 van die Barcelona-ope in Spanje.  Hy het die plaaslike speler Roberto Carballés Baena in skoon stelle geklop. Marton Fucsovics van Hongarye het ook sy eerste wedstryd van die toernooi teen die Australiër Jordan Thompson gewen. Stefanos Tsitsipas van Griekeland, wat Sondag die Monte Carlo-meesters gewen het, is eerste gekeur en kan moontlik in die kwarteindstryd te staan kom teen die opwindende jong Spanjaard Carlos Alcarez. Beide speel môre hulle eerste wedstryde van die toernooi.