Harris deur na kwarteindronde van Amerikaanse Ope

Lloyd Harris van Suid-Afrika sê dit is ‘n ongelooflike gevoel om vir die eerste keer in sy loopbaan tot die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope deur te dring. Hy het 62 wenners geslaan om die Amerikaner Reilly Opelka met 6-7, 6-4, 6-1, 6-3 in twee-uur-en-31-minute te klop. Harris, wat nou teen die vierde gekeurde Alexander Zverev van Duitsland te staan gaan kom vir ‘n plek in die laaste vier, sê hy is vol vertroue oor die manier waarop hy op die oomblik speel: