Hangana Seafood se werkers kry verhoging van 6,5%

Hangana Seafood, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep en die Namibiese Visbedryf en Visserman-werkersvakbond het ‘n een jaar ooreenkoms onderteken. Die ooreenkoms het meegebring dat 1 514 werknemers van Hangana Seafood ‘n verhoging van 6,5 persent op hul basiese salaris ontvang het, effektief 1 Julie 2022. Francois Olivier, die besturende direkteur van Hangana Seafood het in sy verklaring die vakbonde geloof vir die manier waarop die onderhandelingsproses hanteer en afgehandel is om ‘n gemeenskaplike doelwit vir die werknemers en die maatskappy te bereik. Roux-Ché Locke, die O&L-groep se korporatiewe kommunikasiebestuurder …