Hangala stel doelwitte vir voorspoedige lugvaartbedryf 

Die voorsitter van die Namibiese Lughawensmaatskappy, dr. Leake Hangala, sê daar is ‘n behoefte aan doeltreffende dialoog in die lugvaartsektor en dat pogings aangewend moet word om die doelwitte van ‘n voorspoedige lugvaartbedryf te bereik. Hangala was vandag ‘n spreker by Namibiese Lugvaart- en Konnektiwiteitsforum. Die forum poog om die bedryf se rol as ‘n sleutel tot Namibië se ekonomiese herstel en groei te versterk, asook om die herlewing van lugvaart en die toerisme-sektor ná die Covid-pandemie.