Hangala bring hulde aan Foibe Namene

Huldeblyke stroom in vir die ontslape hoof uitvoerende beampe van die Elektrisiteitsbeheerraad Foibe Namene. Sy is Sondag in die hoofstad oorlede as gevolg van Covid-19. Sy het jare lank saam met dr. Leake Hangala by NamPower gewerk en was bekend vir haar stiptelikheid, professionaliteit en kennis. Dr. Hangala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.