Handelsyfers vir Augustus bekend

Die Namibiese Statistieke-agentskap het handelsyfers vir Augustus bekend gemaak. Die handelstekort het vanaf 3,5 miljard Namibiese dollar wat in Julie gemeet is, gekrimp tot 2,9 miljard dollar in Augustus. Op ‘n maandgrondslag het uitvoere in Augustus met 41,5 persent gegroei na 7,1 miljard dollar. Maar alles is nie rooskleurig nie, soos Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm dit aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.