Handelsminister: Ondersteun eg Namibiese besighede en dienste

Die ‘Buy Local, Grow Namibia’-veldtog het ten doel om Namibiese besighede te help om hul produkte en dienste te bevorder en moedig Namibiërs aan om hul gemeenskappe te ondersteun deur plaaslik inkopies te doen. Die handelsminister, Lucia Iipumbu, het vandag tydens ‘n geleentheid by Soweto-mark in die hoofstad gesê dit is van kritieke belang, veral gegewe die beperkinge op die aanbod van kommoditeite weens die Russiese-Oekraïnse oorlog en die Covid-pandemie, wat gelei het tot die eskalasie van wêreldwye pryse van goedere en dienste. Sy sê Namibiërs moet ons plaaslike verskaffers, insluitend dié van die informele sektor, ondersteun. Die informele sektor is tans die grootste belegger in die Namibiese ekonomie en akkommodeer ten minste 56 persent van die land se arbeidsmag.