Handel sal help om waterpunte by vervalle Kavango-beesplaas te herstel

Die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu, sê haar ministerie sal in samewerking met die omgewingsministerie, die rehabilitasie van watertoevoerpunte by die vervalle Kavango Cattle Ranch in die Kavango Wes-streek finansier. Die plaas is net minder as 169 000 hektaar groot en Iipumbu het oor die naweek besoek daar afgelê. Onlangs is 18 beeskarkasse wat vrek is van dors en verwaarlosing by die plaas gevind. Meeste van die damme leeg en werkers het die plek verlaat, glo om olifantaanvalle te vermy. Iipumbu sê dat die ministerie van omgewingsake deur die Wildproduktetrustfonds sal help om verdere vrektes te voorkom. Sy voeg by dat die opgradering en optimalisering van die beesboerdery geïdentifiseer is as ‘n vlagskipprojek vir waardetoevoeging in die Growth at Home-strategie vir industrialisasie.