Handel doen opname oor Agoa
Die voorkeur-handelstoegang ooreenkoms tussen die Verenigde State en Afrika-lande suid van die Sahara, oftewel Agoa, is verlede jaar met nog tien jaar verleng. Agoa is baie voordelig in terme van aksynsvrye handel en belegging tussen Afrika en Amerika, en help ook om werk te skep en ekonomiese groei ‘n hupstoot te gee. Die industrialisasie en handel-ministerie reik uit na die wat reeds uitvoere na die VSA maak sowel as die wat belangstel om deel te wees, om ‘n opname in te vul. Kosmos 94.1 Nuus het met Elijah Mukobonda, die ministerie se woordvoerder, gepraat.