HAN maak Augustus se toerismestatistieke bekend

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het sy kamer- en bedbesettingverslag vir Augustus vrygestel. Die uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê die besetting het meer as verdubbel in vergelyking met Augustus 2020 vanaf agt persent tot 20 persent. Sy het egter beklemtoon dat Namibië se grense in Augustus 2020 vir toeriste gesluit was. Tradisioneel is Augustus die besigste maand op die toerismekalender. Paetzold is egter hoopvol dat Namibië as ‘n laerisikoland en veilige toeristebestemming beskou word. Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is hoop vir toerisme.

Namibiërs het die toerismesektor goed in Augustus ondersteun en was byna 50 persent van alle besoekers aan Namibiese akkommodasiegeriewe. Duitsers, Oostenrykers en Switsers was byna 17 persent van alle toeriste, gevolg deur Suid-Afrikaners, nege persent, en Franse op 6,63 persent. Ahrens het ook gesê die toerismesektor hoop dat Brittanje hulle van hul rooilys sal afhaal. Toeriste uit die Verenigde Koninkryk en Ierland het slegs 0,83 persent van alle toeriste