Hamilton vat 100ste

Die wêreldkampioen-renjaer, Lewis Hamilton, sê dit was ‘n besonderse gevoel om sy honderdste Formule Een-wedren te wen. Die Mercedes-jaer het gister die oorwinning in die Russiese Grand Prix behaal. Hamilton se medeinger om die titel, Max Verstappen van Red Bull, het in die tweede plek geëindig nadat hy in die 20ste posisie weggespring het, Carlos Sainz van Ferrari was derde nadat hy tweede weggespring het. Hamilton het 25 punte in die wedren behaal, wat hom in die eerste plek op die kampioenskapspuntelys plaas, slegs twee punte vóór Verstappen. In die vervaardigerskampioenskap is Mercedes met 33 punte voor Red Bull.