Hamilton is vol vertroue Mercedes sal motorprobleme oplos
Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê hy het volle vertroue dat Mercedes dinge voor die einde van die seisoen sal omkeer. Daar was tekens van vordering toe die Brit in Barcelona en Kanada die podium gehaal het. ‘n Benarde naweek in Oostenryk het egter die span in sy vaart gestuit. Hamilton sê Mercedes se probleme sedert die nuwe regulasies verlede jaar by Formule Een ingestel is, laat hom egter nie twyfel oor sy deelname aan die sport nie: