Haïti-premier stabiel na hy inderhaas opgeneem is

Haïti se nuwe tussentydse premier, Garry Conille, is in ‘n stabiele toestand nadat hy Saterdagmiddag vir ‘n ongespesifiseerde siekte in die hospitaal opgeneem is. Conille, 58, wat net meer as ‘n week gelede aangestel is om die beleërde land reg te ruk, is hospitaal toe gehaas nadat hy asemhalingsprobleme gehad het, het plaaslike media vroeër berig. Sy kantoor het nie besonderhede oor die oorsaak van sy hospitalisasie verskaf nie en sê net dat hy ‘n ligte siekte opgedoen het na ‘n week van intense aktiwiteit.