Hage vlieg, McHenry ry, kenner meen dis belaglik

Beide President Hage Geingob en die PDM-president McHenry Venaani het vanoggend na Zambië gereis om die inhuldiging van die nuwe Zambiese President Hakainde Hichilema by te woon. Hichilema se oorwinning word beskryf as die beste tentoonstelling van demokrasie op die vasteland en tog, het Geingob gevlieg en Venaani het per pad gereis. Die plaaslike politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê dit is belaglik dat die twee nie saam kon reis nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.