Hage spreek môre COP26 toe

President Hage Geingob sal môreaand om nege-uur plaaslike tyd die COP26-beraad toespreek. Volgens die presidensie, sal Geingob se toespraak klem lê op sy regering se vennootskappe met die privaatsektor om die groen waterstof ekonomie te onwikkel. Geingob sal ook praat oor hoe die projekte geleenthede vir die jeug sal skep en by sal dra tot ekonomiese herstel na die pandemie en die onlangse droogte.