Hage se aanstellings lok kritiek uit

Namibiese President Hage Geingob het Basilius Dyakugha as die nuwe ombudsman van Namibië aangewys. Sy aanstelling is effektief vanaf 1 Oktober. ‘n Openbare onderhoud is verlede week met hom gevoer. Die ander kandidate was Ruth Herunga en Tousy Namiseb. Geingob het ook vir Joram Rukambe, Elsie Nghikembwa en dr. Emmerencia Leonard, as lede van die Verkiesingskommissie aangestel. Hulle aanstellings is effektief vanaf 16 September en hulle sal vir ‘n tydperk van vyf jaar in die Verkiesingskommissie dien. Intussen het die president van die PDM, McHenry Venaani die aanstelling van Dyakhuga ten sterkste veroordeel. Hy sê hy was die swakste kandidaat.