Hage gesels oor gelykheid in New York
President Hage Geingob is steeds in New York by die VN. Saam met Sierra Leone het die regering ‘n byeenkoms gehou oor die 10de volhoubare doelwit van die VN wat poog om ongelykheid uit die weg te ruim. Geingob het die geleentheid toegespreek en die nasionale uitsaaier, wat saam met hom en sy afvaardiging reis, het sy toespraak so berig.