Haaland kan weer Speler van die Jaar wees
Sokker: Manchester City se doelskieter, Erling Haaland, kan die tweede agtereenvolgende jaar aangewys word as Speler van die Jaar van die Vereniging van Beroepsokkerspelers nadat hy saam met sy spanmaats, Phil Foden en Rodri, benoem is. Haaland het 38 doele in alle kompetisies behaal met City wat die Premierligatitel ‘n ongeëwenaarde vierde keer ingepalm het. Rodri was ‘n sleutelspeler in die middelveld met hulle Premierliga-triomf en het Spanje ook gehelp om Euro 2024 te wen. Die Engelse spelskepper, Foden, het die vorige seisoen 27 doele aangeteken.