Haaie vat trotse oorwinning in VRK

Die Haaie het hard geveg om gisteraand in die Skotse hoofstad ‘n trotse Verenigde Rugby Kampioenskap-oorwinning oor Edinburgh te behaal. Hulle het ‘n waardevolle 22-19-wegoorwinning in die sakkie. Dit was die Haaie se sewende oorwinning van die seisoen en skuif hulle op bo Edinburgh tot agtste plek op die punteleer met 33 punte. Die Leeus se VRK-toer het geëindig met ‘n loesing deur Connacht in ‘n wedstryd in Galway waarin nege drieë gedruk is. Die tuisspan het met 43-24 gewen nadat hulle rustyd 29-17 voor was.