Haaie staan beste uit SA-spanne in Verenigde Kampioenskap

Die Haaie het tot die agtste plek op die Verenigde Kampioenskappunteleer geklim ná ‘n drie in die laaste minute van die wedstryd ‘n bonuspunt-oorwinning oor Benetton in Treviso, Italië aan hulle besorg het. Die Haaie het nou die Stormers verbygesteek om die Suid-Afrikaanse span te word wat die hoogste posisie op die punteleer beklee. Connacht het vroeër sterk teruggekom en die Stormers met 19-17 in Galway, Ierland geklop. Kenners sê die Stormers het eintlik teen sestien mense gespeel met twee geelkaarte, een aan Sergeal Petersen en een aan Ruhan Nel, wat bevraagteken word.