Haaie span vier Springbokke in teen Haaie

Rugby: Die Haaie pak die Bulle Saterdag in die halfeindstryd om die Curriebeker op Loftus met vier Springbokke. André Esterhuizen en Francois Venter is die senters, Jordan Hendrikse begin op heelagter en Phepsi Buthelezi is agsteman. ʼn Voormalige Suid-Afrika A-speler, Lionel Cronjé, is op die bank. Afrigter John Plumtree het ses veranderings en een rotasieverandering aangebring aan die groep wat die Bulle in die laaste groepwedstryd verlede week in Durban verslaan het. Kaptein Vincent Tshituka verwag ʼn taai stryd en sê hulle is meer gemotiveerd omdat hulle nie die gunstelinge is nie.