Gwede Mantashe toets staatskapingsverslag in die hof

Die Suid-Afrikaanse minister van minerale bronne en energie en nasionale voorsitter van die ANC, Gwede Mantashe, het die hooggeregshof in Johannesburg versoek om die bevindings van die Zondo-kommissie teen hom te hersien. Hoofregter Raymond Zondo het bevind Mantashe moet vir korrupsie ondersoek word nadat Bosasa sekerheidskameras by drie van sy wonings geïnstalleer het. Mantashe voer aan hy was destyds sekretaris-generaal van die ANC en het nie vir die staat gewerk nie. Mantashe het gesê slegs staatsamptenare val binne die mandaat van die staatskapingskommissie.