Guterres veroordeel Kabul-bomme

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die terroriste-aanval by die Kabul-lughawe in Afghanistan ten sterkste veroordeel. Minstens 90 mense is in die aanval dood, insluitende 13 Amerikaanse soldate, met meer as 150 wat deur die twee bomme beseer is. ‘n Sustersgroep van die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar. Guterres sê die voorval is ‘n aanduiding van die plofbare toestand in Afghanistan. Dit maak die VN egter meer vasberade om dringende hulp aan die mense van Afghanistan te lewer.