Guterres spreek sy kommer uit oor Zaporizhzhia

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku dat enige moontlike skade aan Oekraïne se Zaporizhzhia-kernkragaanleg rampspoedige gevolge kan hê. Daar was gister berigte van nog bomaanvalle op die aanleg terwyl Oekraïne en Rusland mekaar daarvoor blameer. Moskou het die kernaanleg in Maart beset, maar die Oekraïnse personeel in diens gehou. Guterres doen ‘n beroep dat alle militêre optrede naby die aanleg onmiddellik gestaak word.