Guterres oor situasie in Afghanistan

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê Afghanistan
staar ‘n humanitêre ramp in die gesig weens die konflik tussen die land se magte en die
Taliban. Afghaanse kinders, vroue en mans het hulp van die internasionale
gemeenskap nodig. Guterres doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om
saam te staan en die mense van Afghanistan te ondersteun.