Gupta-verwante maatskappy by korrupsiesaak van R24 miljoen betrek

Die Gupta-verwante maatskappy, Islandsite Investments, is nou beskuldigde nommer sewe in die Nulane Investment-korrupsiesaak waarby bedrog van nagenoeg 24 miljoen rand betrokke is. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Sindisiwe Seboka, sê ‘n lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Islandsite se mede-direkteur, Ronica Ravagan, nadat sy versuim het om in die landdroshof in Bloemfontein te verskyn. Seboka sê die saak hou verband met geld wat die Vrystaatse departement van landou oorbetaal het aan Nulane, wat aan die Gupta-verwante Iqbal Sharma behoort.