Gupta-vennoot vandag in hof ná in hegtenisneming op lughawe

Die Gupta-vennoot en vermeende middelman, Kuben Moodley, het vandag in die Palm Ridge handelsmisdaadhof in Gauteng verskyn. Hy is gisteraand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem net voordat hy op ‘n vlug na Dubai sou vertrek. Moodley word by die vermeende staatkapingsnetwerk betrek. Hy is gearresteer in verband met beweerde geldwassery van fondse uit kontrakte wat Transnet onregmatig aan die Gupta-maatskappye Regiments en Trillian toegeken het. Die burgerlike organisasie OUTA het die Nasionale Vervolgingsgesag aangemoedig om Moodley se aansoek om borgtog teen te staan.