Gupta-skandaal: ek het aangebly om verandering mee te bring, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa getuig vandag voor die staatskapingskommissie. Hy sê toe die Gupta-skandaal gebreek het, het dit die regering en die ANC as party geruk. Daar was toe verskeie opsies vir hom en hy het hulle uiteengesit. Hy meen sou hy bedank het, sou staatskaping eenvoudig voortgeduur het en sy regering sou nie daarteen kon optree nie. Aanvaarding van die stand van sake was ook ‘n opsie maar, Ramaphosa meen dit het teen sy grein gegaan. Hy het dus besluit om as visepresident aan te bly. Hy het sy besluit so gemotiveer.