Guinee: ministers moet kom, of dis rebellie

Die soldate wat President Alpha Conde van Guinee se regering omver gewerp het, het sy ministers saamgeroep en gesê sou hulle nie vir die vergadering opdaag nie, dit as rebellie beskou sal word. ‘n Elite eenheid van die land se weermag, wat deur die VSA opgelei is, het Sondag di hoofstad Conakry oorgeneem en ‘n video van Conde, in aanhouding, op sosiale media versprei. Die eenheid se leier, Kolonel Mamady Doumbouya het op die nasionale uitsaaier gesê die regering is ontbind en dat armoede en korrupsie hulle na die stap gedryf het.