Groter vraag na huur-eiendomme in buurland

Die jongste TPN Residential Rental Monitor Report in Suid-Afrika dui aan dat die feit dat rentekoerse nie verlede maand verhoog is nie ‘n mate van verligting gebring het vir die verhuring-eiendomsmark. Die hoof van TPN Industry, Waldo Marcus, sê die vraag na huureiendomme het toegeneem. Hy sê die buurland se huishoudelike huurmark het ‘n oplewing getoon vandat die Covid-19 inperkings opgehef is. Marcus maan egter eienaars van eiendomme om seker te maak dat hulle huurders ‘n goeie kredietrekord het: