Grootste vonds van dagga, ooit, in Spanje gemaak

Die polisie in Spanje het beslag gelê op die grootste hoeveelheid dagga ooit toe hul altesaam 32 ton verpakte dagga met ‘n straatwaarde van minstens 64 miljoen euro of 1,16 miljard Namibiese dollar, ontdek het. Spaanse owerhede sê dit is die grootste hoeveelheid wat nog in die land, of internasionaal, gevind is. Die polisie het toegeslaan op ‘n reeks plase en produksie-aanlegte regoor Spanje in ‘n operasie genaamd Gardens. Nege mans en 11 vroue, tussen 20 en 59 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die vonds is gelykstaande aan ongeveer 1,1 miljoen plante.