Grootste uitdaging is om inflasie te beperk

Internasionale kenners meen die grootste uitdaging wat regerings op die oomblik mee worstel is die bestuur van inflasie soos die wêreld herstel van die pandemie. Ontwikkelende lande sal volgens berigte meer hiermee sukkel omdat die lande op meer vlakke kwesbaar is as ontwikkelde lande. Jason Kasuto, bestuurende direkteur by Monasa Advisory and Associates sê inentings vorm deel van aksies wat die Namibiese regering kan neem om ekonomiese skokke te buffer. Hy verduidelik.