Groot teenstand teen Boris oor Geronimo

‘n Agt-jarige alpakka Geronimo het ‘n groot kritiek teen die Britse eerste minister Boris Johnson ontketen. Geronimo is met beestuberkulose gediagnoseer en die Britse regering het bevind hy moet van kant gemaak word. Geronimo se eienaar Helen Macdonald het ‘n pleidooi aan Johnson en sy vrou Carrie gerig om genade te toon. Daar is selfs ‘n protesoptog wat vir vandag gereël word en meer as 97 000 mense het ‘n versoekskrif om Geronimo se lewe te spaar, onderteken. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *