Groot reën op pad – Hardap se sluise sal moet oop

Baie swaar neerslae word volgende week in die land verwag. Volgens Landwater se Stormbaron, het die sogenaamde “swaarreën-aanvangsdae” vorentoe gespring en in Suid-Afrika sal dit van vandag af begin toeneem. Plaaslik, sê Landwater sal die oorblyfsels van Ana vanaf môre in die Zambezi-streek voorkom. Daar word gewaarsku dat groot watervolumes op pad is met wydverspreide reën. Die groep het sy kommer uitgespreek oor die huidige 73 persent water wat die Hardapdam het en sê hierdie reënvenster dra ‘n wesenlike risiko om die vorige een se volumes aansienlik te oortref, met die opvangsgebied se voorbereiding rééds gedoen, sal die dam vinniger water opneem. Hardap se sluise sal volgens Landwater voor Sondag oopgetrek moet word. Die Visrivier is bekend vir sy uiterse volumes en vinnige vloei en word gereken as een van die gevaarlikste riviere op die vasteland.