Groot kommer in verwarming in Suider-Afrika

Die jongste klimaatsverandering verslag van die VN bly in die nuus. In Namibië word daar voorspel dat verwarming teen twee keer die wêreld se gemiddelde sal geskied wat tot ‘n daling van tot 50 persent in vee-produksie kan meebring. In Suid-Afrika loop die buurland ook die gevaar om onder uiters droë toestande en meerjarige droogtes deur te loop indien die streek teen die huidige tempo bly verwarm, wat ook gelykstaande is aan nagenoeg twee keer die globale tempo. Dit is die mening van Francois Engelbrecht, ‘n klimaatskenner van die Wits Global Change Institute. Engelbrecht wat een van die verslag se medewerkers is, sê dit is nie goeie nuus vir die Suider-Afrikaanse streek nie: